Kallie Kriel – Plaasmoorde
https://www.youtube.com/watch?v=uWPE9qI5lEs
AfriForum het deur middel van die webblad www.hoelanknog.co.za reeds meer as 10 000 e-posse van die publiek vir die minister van polisie, Nathi Mthethwa, gestuur waarin die prioritisering van plaasmoorde gevra word. Hierdie e-posse sal ook deel vorm van die petisie wat AfriForum in November by die Verenigde Nasies se Forum vir Minderheidsaangeleenthede sal indien….
Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK) hou aanstaande Maandag en Dinsdag ’n openbare verhoor oor plaasmoorde in Johannesburg. Dít, nadat AfriForum vroeër formele klagtes by die SAMRK ingedien het teen die traak-my-nieagtige ingesteldheid van die departement van polisie teenoor die voortslepende golf van plaasaanvalle en plaasmoorde in die land. Volgens AfriForum se rekords was daar al 91…
Post Views: 926
Buitelanders word ook op Suid-Afrikaanse plase geteiken. Juis daarom gaan AfriForum ʼn internasionale bewusmakingsveldtog oor plaasmoorde van stapel stuur. Ernst Roets, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum gee besonderhede. Post Views: 796
AfriForum gaan eerskomende Donderdag ’n verslag, waarin die brutaliteit van plaasmoorde uitgebeeld word, bekendstel. Die Internasionale Rehabilitasieraad vir die Slagoffers van Marteling het ook reeds aan die burgerregte-organisasie onderneem om die verslag te bestudeer. Die verslag sal op 26 Junie vrygestel word – ’n dag wat deur die Verenigde Nasies verklaar is tot Internasionale Dag…
AfriForum het vandag ʼn memorandum aan 15 ambassades oorhandig waarin die burgerregte-organisasie versoek dat dié lande druk op die Suid-Afrikaanse regering moet uitoefen om die regte van minderhede te beskerm asook om die plaasmoordkrisis die hoof te bied. Die memorandum lê spesifiek klem op die optrede van verteenwoordigers van die Suid-Afrikaanse regering verlede week by…
Die Wilmien Potgieter Studiefonds is gestig ter ondersteuning van kinders wat slagoffers is van plaasmoorde. Die studiefonds is vernoem na Wilmien Potgieter wat in Desember 2010, toe sy net twee jaar oud was, op ’n barbaarse wyse vermoor is saam met haar ouers op ’n plaas buitekant Lindley in die Vrystaat. Haar pa, Attie Potgieter, is 151 keer met ’n panga, tuinvurk en mes gesteek terwyl sy vrou, Wilna, en die tweejarige Wilmien dit eerstehands aanskou het, waarna hulle ook wreed vermoor is.