Mediakonferensie rakende onteiening sonder vergoeding en plaasmoorde: Alana Bailey
https://www.youtube.com/watch?v=KzW59d0K6-c
AfriForum het vandag aangekondig dat hy aanstaande maand ’n verskerpte veldtog van stapel sal stuur teen die regering se weiering om plaasmoorde te prioritiseer. Die organisasie is ook tans besig met die opstel van ’n dokument, genaamd “Die Mthethwa-dossier”. Die dokument bevat die besonderhede van tien gevalle in die afgelope twee jaar waartydens slagoffers wat…
AfriForum se takke in Pretoria, Centurion en die omliggende gebiede het op 25 November 2017 aan dié burgerregte-organisasie se protesoptog teen plaasaanvalle en -moorde deelgeneem. Die optog het vanaf die Pretoria Kunsmuseum na die Uniegebou plaasgevind. Dít volg nadat AfriForum se takke op 21 November 2017 memoranda aan meer as 100 polisiestasies landwyd oorhandig het…
Die burgerregte-organisasie AfriForum het ’n maand gelede vir die soveelste keer ’n skrywe aan genl. Bheki Cele, minister van polisie, gerig en versoek om saam met hom te vergader oor sowel geweld op plase as die grondgrypkrisis wat die land in die gesig staar. “Cele het tot vandag toe nog nie eers ontvangs erken van…
Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) behoort die rassistiese uitlatings te ondersoek wat ’n ANC-raadslid van die Govan Mbeki Munisipaliteit in Mpumalanga glo gemaak het. Alana Bailey, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, meen daar hoef nie eers ’n klag teen Kenny Barrel Nkosi ingedien te word, alvorens die MRK dit ondersoek nie. Luidens mediaberigte het Nkosi glo…
Duncan Nyawo (37), die onderwyser van Mpumalanga wat 350 km van Nelspruit na die Uniegebou in Pretoria gestap het teen plaasmoorde, het ’n memorandum aan ’n verteenwoordiger van pres. Jacob Zuma se kantoor oorhandig, waarin versoek word dat plaasmoorde geprioritiseer moet word. Nyawo is vergesel deur Ian Venter, Alex Leitch, Jaco Klopper, Sipho Mnisi en…
Die Wilmien Potgieter Studiefonds is gestig ter ondersteuning van kinders wat slagoffers is van plaasmoorde. Die studiefonds is vernoem na Wilmien Potgieter wat in Desember 2010, toe sy net twee jaar oud was, op ’n barbaarse wyse vermoor is saam met haar ouers op ’n plaas buitekant Lindley in die Vrystaat. Haar pa, Attie Potgieter, is 151 keer met ’n panga, tuinvurk en mes gesteek terwyl sy vrou, Wilna, en die tweejarige Wilmien dit eerstehands aanskou het, waarna hulle ook wreed vermoor is.