Mediakonferensie rakende onteiening sonder vergoeding en plaasmoorde: Ian Cameron
https://www.youtube.com/watch?v=pXy79zHqXrg
’n Paar politieke “kommintators” se skreeuende reaksie op AfriForum se Amerikaanse besoek laat mens byna sprakeloos. Die rektor van Wits, prof. Adam Habib, kry hierdie week se prys met sy vergelyking van Kallie Kriel en Ernst Roets met Adolf Hitler en Idi Amin. Habib herinner my aan Henry Kissinger se stelling dat universiteitsvetes so venynig…
AfriForum dryf reeds sedert 2012 ’n veldtog om plaasmoorde te laat prioritiseer. Hoewel die organisasie van mening is dat die probleem nog nie ten volle opgelos is nie, beskou dit die aankondiging as ’n reusesprong in die regte rigting. Hieronder volg die belangrikste mylpale in die veldtog om plaasmoorde te laat prioritiseer: 2012 25 Mei…
Die plaasmoord- en plaasaanvalstatistiek vir die 2016/2017-finansiële jaar is vandag deur die AfriForum Navorsingsinstituut (ANI) in Pretoria bekend gestel. Die totale aantal geverifieerde plaasaanvalle vir die 2016/2017-tydperk is 357 en die aantal plaasmoorde ’n kommerwekkende 74. AfriForum het ook vandag met ’n konvooi na die Uniegebou gery waar ’n petisie met 175 000 name teen…
Die burgerregte-organisasie AfriForum en die landbou-unie TLU SA het die statistieke vir plaasaanvalle en plaasmoorde wat gedurende 2014 plaasgevind het vandag tydens ’n gesamentlike mediakonferensie in Centurion bekendgemaak. ’n Totaal van 277 plaasaanvalle het in 2014 plaasgevind, waarvan die besonderhede deur AfriForum en TLU bevestig kon word. In dieselfde jaar kon 67 plaasmoorde bevestig word….
AfriForum het die minister van polisie, Nathi Mthethwa vandag daarvan beskuldig dat sy stilswye oor plaasmoorde aan aandadigheid grens. Dit volg nadat nog ʼn bejaarde egpaar (albei tussen 70 en 75 jaar) se lyke vanoggend op hul plaas in die Vrystaat ontdek is. Die liggaam van die man is op die vloer in die egpaar…
Die Wilmien Potgieter Studiefonds is gestig ter ondersteuning van kinders wat slagoffers is van plaasmoorde. Die studiefonds is vernoem na Wilmien Potgieter wat in Desember 2010, toe sy net twee jaar oud was, op ’n barbaarse wyse vermoor is saam met haar ouers op ’n plaas buitekant Lindley in die Vrystaat. Haar pa, Attie Potgieter, is 151 keer met ’n panga, tuinvurk en mes gesteek terwyl sy vrou, Wilna, en die tweejarige Wilmien dit eerstehands aanskou het, waarna hulle ook wreed vermoor is.