Plaasmoorde – Slagoffers vertel self
https://www.youtube.com/watch?v=oj-BVNaWAbY
Die gestoei wat verlede week voor die minister van polisie se kantoor uitgebreek het, moet as ’n bevestiging beskou word dat AfriForum se beswaar oor die polisie se houding rakende plaasmoorde meriete het. Nie net is ekself en twee kollegas (Ian Cameron, hoof van gemeenskapsveiligheid, en Marcus Pawson, provinsiale koördineerder vir Gauteng-Suid en Noordwes) hardhandig…
AfriForum sit sy veldtog voort om internasionale regerings in te lig oor die eiendomsbedreiging en plaasmoorde in Suid-Afrika, ondanks die kritiek wat Lindiwe Sisulu, die minister van internasionale betrekkinge en samewerking, teenoor dié organisasie uitgespreek het. AfriForum het Sisulu se bewerings dat die burgerregte-organisasie verkeerde inligting versprei en paniek saai, verwerp. Volgens Alana Bailey, adjunk…
Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK) hou aanstaande Maandag en Dinsdag ’n openbare verhoor oor plaasmoorde in Johannesburg. Dít, nadat AfriForum vroeër formele klagtes by die SAMRK ingedien het teen die traak-my-nieagtige ingesteldheid van die departement van polisie teenoor die voortslepende golf van plaasaanvalle en plaasmoorde in die land. Volgens AfriForum se rekords was daar al 91…
Verklaring deur Ernst Roets, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum Verenigde Nasies se Forum oor Minderheidsake Kamer XX, Palais des Nations, Genève, Switserland AfriForum is ʼn minderheidsregte-organisasie in Suid-Afrika. Ons organisasie verteenwoordig meer as 150 000 individuele lede van minderheidsgemeenskappe. As deel van die breër Solidariteit Beweging verteenwoordig ons meer as 300 000 lede. Daarbenewens het…
Die burgerregte-organisasie AfriForum gaan op 4 Mei 2016 met lt.genl. Phahlane Kgomotso, die waarnemende nasionale polisiekommissaris, vergader om die wyse te bespreek waarop plaasmoorde geprioritiseer kan word en hoe AfriForum hiertoe kan bydra. Dít volg op lt.genl. Phahlane se opmerking in die media vroeër vanjaar dat plaasmoorde groter prioriteit moet geniet. Dié uitspraak was egter…
Die burgerregte-organisasie AfriForum het vandag tydens ‘n mediakonferensie in Pretoria aangevoer dat die inligting wat dié organisasie tans in die internasionale gemeenskap rakende onteiening sonder vergoeding en plaasmoorde versprei, gegrond is op feite wat bevestig dat daar wél ‘n ernstige bedreiging van eiendomsreg en menselewens in Suid-Afrika bestaan. Hierdie bedreiging geld veral vir minderheidsgemeenskappe in…
Die Wilmien Potgieter Studiefonds is gestig ter ondersteuning van kinders wat slagoffers is van plaasmoorde. Die studiefonds is vernoem na Wilmien Potgieter wat in Desember 2010, toe sy net twee jaar oud was, op ’n barbaarse wyse vermoor is saam met haar ouers op ’n plaas buitekant Lindley in die Vrystaat. Haar pa, Attie Potgieter, is 151 keer met ’n panga, tuinvurk en mes gesteek terwyl sy vrou, Wilna, en die tweejarige Wilmien dit eerstehands aanskou het, waarna hulle ook wreed vermoor is.