Wêrelddag teen marteling
https://www.youtube.com/watch?v=V4h3Rmdirq4
AfriForum het die minister van polisie, Nathi Mthethwa vandag daarvan beskuldig dat sy stilswye oor plaasmoorde aan aandadigheid grens. Dit volg nadat nog ʼn bejaarde egpaar (albei tussen 70 en 75 jaar) se lyke vanoggend op hul plaas in die Vrystaat ontdek is. Die liggaam van die man is op die vloer in die egpaar…
Twee veroordeelde plaasaanvallers, wat Pieter en Henriëtta Botes in 2011 op hul plaas, Remhoogte in Mpumalanga wreedaardig aangeval het, se gevangenisstraf is met 15 jaar ingekort. Dít, nadat ʼn regter van die Noord-Gautengse Hooggeregshof bevind het dat die landdros wat vir hulle tronkstraf van 35 jaar agtereenvolgend opgelê het, glo die “erns van die misdaad…
AFRIFORUM het op 23 Januarie ‘n verskerpte veldtog teen plaasmoorde bekend gestel. Dit kom nadat daar sedert die begin van die jaar 24 voorvalle van plaasaanvalle aan die burgerregte-organisasie gerap- porteer is. In minstens drie gevalle is boere vermoor. Lees meer hier Post Views: 775
Ek word daagliks gekonfronteer met die realiteit van misdaad… “Gewone” moorde, plaasmoorde, plaasaanvalle, swak diens deur die polisie en die Nasionale Vervolgingsgesag, en vele ander uitdagings maak my dae vol. Dan wil mense altyd weet: “Pla dit jou nie”, of “Hoe hou jy dit”? As ek sê dat dit nie ʼn invloed op my het…
1 Desember 2012 Die Potgietergesin is op 1 Desember 2010 op hul plaas naby Lindley in die Vrystaat vermoor. In die lig hiervan het AfriForum saam met slagoffers van plaasmoorde en plaasaanvalle ‘n protesoptog na Mthethwa se kantoor in Pretoria gehou. Mthethwa het aanvanklik gepoog om te verhoed dat die optog plaasvind en het later…
Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK) hou aanstaande Maandag en Dinsdag ’n openbare verhoor oor plaasmoorde in Johannesburg. Dít, nadat AfriForum vroeër formele klagtes by die SAMRK ingedien het teen die traak-my-nieagtige ingesteldheid van die departement van polisie teenoor die voortslepende golf van plaasaanvalle en plaasmoorde in die land. Volgens AfriForum se rekords was daar al 91…
Die Wilmien Potgieter Studiefonds is gestig ter ondersteuning van kinders wat slagoffers is van plaasmoorde. Die studiefonds is vernoem na Wilmien Potgieter wat in Desember 2010, toe sy net twee jaar oud was, op ’n barbaarse wyse vermoor is saam met haar ouers op ’n plaas buitekant Lindley in die Vrystaat. Haar pa, Attie Potgieter, is 151 keer met ’n panga, tuinvurk en mes gesteek terwyl sy vrou, Wilna, en die tweejarige Wilmien dit eerstehands aanskou het, waarna hulle ook wreed vermoor is.