Kallie Kriel – Plaasmoorde
https://www.youtube.com/watch?v=uWPE9qI5lEs
Die burgerregte-organisasie AfriForum het vandag ’n voorlegging oor plaasmoorde in Suid-Afrika aan lede van die Wes-Australiese parlement gemaak. Dié voorlegging volg nadat daar vanjaar reeds nagenoeg 346 plaasaanvalle en 46 -moorde aangeteken is, terwyl pres. Cyril Ramaphosa hierdie tragedie ontken. “Parlementslede is veral geskok oor die feit dat pres. Ramaphosa die bestaan van plaasmoorde in…
Duncan Nyawo (37), die onderwyser van Mpumalanga wat 350 km van Nelspruit na die Uniegebou in Pretoria gestap het teen plaasmoorde, het ’n memorandum aan ’n verteenwoordiger van pres. Jacob Zuma se kantoor oorhandig, waarin versoek word dat plaasmoorde geprioritiseer moet word. Nyawo is vergesel deur Ian Venter, Alex Leitch, Jaco Klopper, Sipho Mnisi en…
AfriForum het vandag aan sy regspan opdrag gegee om opsies te oorweeg om die nasionale polisiekommissaris, Riah Phiyega, te dwing om meer inligting oor plaasmoorde aan die organisasie beskikbaar te stel. Dit volg nadat die kommissaris beweer het dat plaasmoorde oor die afgelope vyf jaar afgeneem het, terwyl AfriForum en TLU SA se data duidelik…
Twee veroordeelde plaasaanvallers, wat Pieter en Henriëtta Botes in 2011 op hul plaas, Remhoogte in Mpumalanga wreedaardig aangeval het, se gevangenisstraf is met 15 jaar ingekort. Dít, nadat ʼn regter van die Noord-Gautengse Hooggeregshof bevind het dat die landdros wat vir hulle tronkstraf van 35 jaar agtereenvolgend opgelê het, glo die “erns van die misdaad…
Die burgerregte-organisasie AfriForum en die Transvaalse Landbou-unie van Suid-Afrika (TLU SA) het vandag tydens ’n mediakonferensie in Centurion ’n kommerwekkende styging in plaasaanvalle en plaasmoorde vir 2016 bekend gemaak met die aankondiging van dié amptelike syfers. Hierdie stygende tendens is nou reeds vir die sesde agtereenvolgende jaar te bespeur. Die 2016-syfer van 64 moorde is…
AfriForum het deur middel van die webblad www.hoelanknog.co.za reeds meer as 10 000 e-posse van die publiek vir die minister van polisie, Nathi Mthethwa, gestuur waarin die prioritisering van plaasmoorde gevra word. Hierdie e-posse sal ook deel vorm van die petisie wat AfriForum in November by die Verenigde Nasies se Forum vir Minderheidsaangeleenthede sal indien….
Die Wilmien Potgieter Studiefonds is gestig ter ondersteuning van kinders wat slagoffers is van plaasmoorde. Die studiefonds is vernoem na Wilmien Potgieter wat in Desember 2010, toe sy net twee jaar oud was, op ’n barbaarse wyse vermoor is saam met haar ouers op ’n plaas buitekant Lindley in die Vrystaat. Haar pa, Attie Potgieter, is 151 keer met ’n panga, tuinvurk en mes gesteek terwyl sy vrou, Wilna, en die tweejarige Wilmien dit eerstehands aanskou het, waarna hulle ook wreed vermoor is.