Ian Cameron – Veiligheid Plaasmoorde Optog
https://www.youtube.com/watch?v=IxI2QC9u9i0
19 Junie 2013 Presies een jaar nadat meer as ‘n duisend Suid-Afrikaners na die president se kantoor gestap het om vir ingryping te vra, het AfriForum ‘n verslag bekendgestel, waarin die growwe nalatiheid van polisiebeamptes by die ondersoeke van plaasmoorde uitgewys word. Die verslag is tydens ‘n konferensie bekendgestel en ‘n afskrif daarvan is aan…
AfriForum het vandag die tweede verskyning van die beskuldigde in die moord op ʼn bejaarde egpaar van Barkly-Oos bygewoon. Thulani Mkhentane (22), ‘n burger van Lesotho, het sy borgaansoek teruggetrek en sal in aanhouding bly totdat hy weer op 28 November in die hof verskyn. “Die ondersoek gaan voort. Ons moet die polisie in Barkly-Oos…
AfriForum wil minister van landbou ontmoet ’n Boer van Leslie in Mpumalanga is in ’n bedenklike toestand in die Steve Biko-hospitaal in Pretoria nadat hy vergeefs by sy aanvallers gepleit het om hom nie te skiet nie. Mnr. Chris van Deventer (62) is verlede Woensdagoggend deur sy motorvenster geskiet nadat hy twee booswigte agterna gesit…
Ongeveer ʼn honderd Suid-Afrikaners wie se lewe deur plaasaanvalle verwoes is, se stories is vandag aan die minister van polisie, Nathi Mthethwa oorhandig. Die slagoffers het van die minister geëis om sy stilswye te verbreek deur plaasmoorde tot ʼn prioriteitsmisdaad te verklaar. Die briewebundel is saam met AfriForum deur Belinda van Noord, wie se pa…
Verlede Donderdag het sowat ʼn honderd Suid-Afrikaners wie se lewens deur plaasaanvalle verwoes is, hulle stories in briewe aan die minister van polisie, Nathi Mthethwa oorhandig. Die briewebundel is deur Belinda van Noord, wie se pa en broer die afgelope vakansie op hul plaas naby Brits vermoor is, oorhandig. Ernst Roets gee terugvoer oor hierdie…
24 Oktober 2012 In die lig van Mthethwa se voortslepende traak-my-nieagtige houding oor plaasmoorde, het AfriForum die minister se kantoor in kennis gestel dat die organisasie van voorneme is om saam met slagoffers van plaasmoorde voor die minister se kantoor te betoog. Gedurende ‘n telefoongesprek op 23 Oktober 2012 het die minister se woordvoerder, Zweli…
Die Wilmien Potgieter Studiefonds is gestig ter ondersteuning van kinders wat slagoffers is van plaasmoorde. Die studiefonds is vernoem na Wilmien Potgieter wat in Desember 2010, toe sy net twee jaar oud was, op ’n barbaarse wyse vermoor is saam met haar ouers op ’n plaas buitekant Lindley in die Vrystaat. Haar pa, Attie Potgieter, is 151 keer met ’n panga, tuinvurk en mes gesteek terwyl sy vrou, Wilna, en die tweejarige Wilmien dit eerstehands aanskou het, waarna hulle ook wreed vermoor is.