|

Syfers vandag bekend gemaak: Plaasmoorde en plaasaanvalle styg weer in 2016

Die burgerregte-organisasie AfriForum en die Transvaalse Landbou-unie van Suid-Afrika (TLU SA) het vandag tydens ’n mediakonferensie in Centurion ’n kommerwekkende styging in plaasaanvalle en plaasmoorde vir 2016 bekend gemaak met die aankondiging van dié amptelike syfers. Hierdie stygende tendens is nou reeds vir die sesde agtereenvolgende jaar te bespeur. Die 2016-syfer van 64 moorde is…

|

Oomblik van stilte vir plaasmoord- en geweldmisdaadslagoffers: Steun oud-Bokke se pleidooi

AfriForum het ’n platform geskep waar lede van die publiek hul steun tot die wêreldkampioen-Springbokrugbyspan van 1995 se pleidooi aan die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (SARU) kan voeg. In dié pleidooi versoek die oud-Bokke ’n oomblik van stilte vir alle slagoffers van plaasmoorde en geweldmisdaad voor eerskomende Saterdag se Curriebeker-finaal tussen die Sharks en die Westelike Provinsie…

|

AfriForum sê feite toon dat die miskenning van eiendomsreg en plaasmoorde wel ‘n ernstige bedreiging in Suid-Afrika is

Die burgerregte-organisasie AfriForum het vandag tydens ‘n mediakonferensie in Pretoria aangevoer dat die inligting wat dié organisasie tans in die internasionale gemeenskap rakende onteiening sonder vergoeding en plaasmoorde versprei, gegrond is op feite wat bevestig dat daar wél ‘n ernstige bedreiging van eiendomsreg en menselewens in Suid-Afrika bestaan. Hierdie bedreiging geld veral vir minderheidsgemeenskappe in…

|

Internasionale kongresgangers geskok oor geweld in plaasmoorde in SA

Deur Jhua-Nine Wyrley-Birch Die internasionale wêreld het met skok kennis geneem van die 1 750 plaasmoorde wat sedert 1994 regoor Suid-Afrika voorgekom het. Ernst Roets, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, en Lorraine Claasen, navorser en kriminoloog by die burgerregte-organisasie, het pas die 15 de internasionale simposium van die World Society of Victimology in Perth, Australië,…

|

Polisie moet statistieke oor plaasaanvalle vrystel

AfriForum dryf al vir ’n tyd lank ’n veldtog dat die departement van polisie en die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) jaarliks statistieke oor plaasaanvalle moet vrystel. Dit is nie so moeilik is om syfers oor plaasaanvalle vry te stel soos wat die departement van polisie en die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) voorgee nie. Uiteraard bestaan daar verskeie…

|

AfriForum skop stof op ter bewusmaking van Plaasmoorde.

AfriForum het aan die begin van Oktober aan die Quads4Quads-wedloop deelgeneem ter bewusmaking van plaasmoorde. Só het die wedloop daar uitgesien: Dag 1: AfriForum se vier motorfietsryers het met groot verwagtinge by Cane Cutters Lodge net buite Ballito weggespring en het op dag een reeds ’n totaal van 250 km afgelê om stof op te…

|

AfriForum en Wes-Kaapse departement stel gesamentlike plan oor plaasbeveiliging bekend

Die burgerregte-organisasie AfriForum en die Wes-Kaapse departement van gemeenskapsveiligheid gaan Sondag, 29 Oktober tydens ’n mediakonferensie in Kaapstad ’n gesamentlike plan vir die beveiliging van plase bekend maak. Dit volg ná die onlangse bekendmaking van die 2016/2017-misdaadstatistiek deur Fikile Mbalula, minister van polisie, en die nuutste statistiek deur AfriForum oor plaasaanvalle en -moorde wat die…

End of content

End of content