Hoe Lank Nog – Teken ons petisie teen plaasmoorde
https://www.youtube.com/watch?v=wjwR7XJqybc
AfriForum het vandag gesê dat die afgelope week se gebeure opnuut bevestig het dat plaasmoorde nie deur die normale regsprosesse bekamp moet word nie en dat slegs ʼn gefokusde teenstrategie die krisis volhoubaar sal oplos. Hennie Bentley (73) en Gerrit Myburgh (78) is die afgelope week vermoor, dieselfde week waarin die moordenaars van ʼn bejaarde…
AfriForum verwelkom die aankondiging van lt.genl. Khomotso Phahlane, die waarnemende nasionale polisiekommissaris, dat plaasmoorde, plaasaanvalle en veediefstal deur die polisie geprioritiseer gaan word. AfriForum dryf al vir jare ’n veldtog vir die prioritisering van plaasmoorde, en het selfs by verskeie geleenthede die Verenigde Nasies hieroor genader. Ernst Roets, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, het gesê…
AfriForum hou aanstaande week ʼn blitskonferensie oor plaasmoorde. Tydens die konferensie sal ʼn verslag bekendgestel word, wat gevallestudies bevat van growwe nalatigheid deur die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) met betrekking tot die ondersoek van plaasmoorde. Van die slagoffers wat geliefdes aan plaasmoorde afgestaan het, sal vertel hoe geregtigheid in hulle omstandighede as gevolg van nalatigheid tydens…
Die burgerregte-organisasie AfriForum het vandag ’n plan bekendgestel wat ten doel het om die vier boere van Parys, wat daarvan aangekla word dat hulle twee plaasaanvallers vermoor het, in hul hofsaak by te staan. AfriForum het onder meer ’n platform geskep waardeur lede van die publiek skenkings kan maak om hierdie boere by te staan….
Sedert die begin van Februarie 2017 is daar reeds 30 plaasaanvalle in Suid-Afrika aangeteken waarin 11 mense wreed vermoor is. Vyf mense is in die afgelope 24 uur in twee verskillende aanvalle vermoor, onderskeidelik in Mpumalanga en Limpopo. “Hoeveel mense moet nóg in dié land vermoor word voordat daar daadwerklik opgetree word? Dit wil voorkom…
AfriForum gaan klagtes teen die minister van polisie, Nkosinathi Nhleko, die nasionale polisiekommissaris, genl. Riah Phiyega en die Tshwane-metropolisie indien, nadat verteenwoordigers van dié organisasie en slagoffers wie se geliefdes onlangs op plase vermoor is, vandag voor die minister se kantoor deur polisiebeamptes rondgestamp en met arrestasie gedreig is. Die insident het plaasgevind ná ’n…
Die Wilmien Potgieter Studiefonds is gestig ter ondersteuning van kinders wat slagoffers is van plaasmoorde. Die studiefonds is vernoem na Wilmien Potgieter wat in Desember 2010, toe sy net twee jaar oud was, op ’n barbaarse wyse vermoor is saam met haar ouers op ’n plaas buitekant Lindley in die Vrystaat. Haar pa, Attie Potgieter, is 151 keer met ’n panga, tuinvurk en mes gesteek terwyl sy vrou, Wilna, en die tweejarige Wilmien dit eerstehands aanskou het, waarna hulle ook wreed vermoor is.