|

Elf plaasmoorde en 30 aanvalle in twee weke

Sedert die begin van Februarie 2017 is daar reeds 30 plaasaanvalle in Suid-Afrika aangeteken waarin 11 mense wreed vermoor is. Vyf mense is in die afgelope 24 uur in twee verskillende aanvalle vermoor, onderskeidelik in Mpumalanga en Limpopo.

“Hoeveel mense moet nóg in dié land vermoor word voordat daar daadwerklik opgetree word? Dit wil voorkom of die regering nie bereid is om landsburgers te beskerm nie,” sê Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid.

Cameron sê voorts dat gemeenskappe self moet begin optree en dat die wet genoeg ruimte laat om dit te doen.

 

Similar Posts