AfriForum het November 2015 as ’n nasionale maand van protes teen plaasmoorde verklaar. Gedurende November sal verskeie aksies van stapel gestuur word wat daarop toegespits is om internasionale druk op die Suid-Afrikaanse regering te plaas om plaasmoorde te prioritiseer. AfriForum versoek die publiek om hul ondersteuning aan hierdie veldtog te verklaar deur die webblad www.stopdiemoorde.co.za…
Plaasmoorde is n onding wat kop uitgesteek het na Suid Afrika “bevry” is en het stelselmatig toegeneem tot die krisis waarin ons boere hulle tans bevind. N groot magdom van die verdruktes skreeu “We want land”. As daar n lands eis ingedien word en toegestaan word en die keuse berus tussen land en geld word…
AfriForum het ’n navorser aangestel om ’n omvattende studie te doen om antwoorde te vind op die raaisels agter plaasmoorde. Die studie sal meer as 100 gevallestudies regoor Suid-Afrika insluit. AfriForum het ook ’n beroep op die publiek gedoen om die burgerregte-organisasie te nader as hulle self deur ’n plaasaanval geraak is of enige inligting…
24 Oktober 2012 In die lig van Mthethwa se voortslepende traak-my-nieagtige houding oor plaasmoorde, het AfriForum die minister se kantoor in kennis gestel dat die organisasie van voorneme is om saam met slagoffers van plaasmoorde voor die minister se kantoor te betoog. Gedurende ‘n telefoongesprek op 23 Oktober 2012 het die minister se woordvoerder, Zweli…
Twee veroordeelde plaasaanvallers, wat Pieter en Henriëtta Botes in 2011 op hul plaas, Remhoogte in Mpumalanga wreedaardig aangeval het, se gevangenisstraf is met 15 jaar ingekort. Dít, nadat ʼn regter van die Noord-Gautengse Hooggeregshof bevind het dat die landdros wat vir hulle tronkstraf van 35 jaar agtereenvolgend opgelê het, glo die “erns van die misdaad…
Ongeveer ʼn honderd Suid-Afrikaners wie se lewens deur plaasaanvalle verwoes is, se stories gaan môre aan die minister van polisie, Nathi Mthethwa oorhandig word. Die slagoffers gaan van die minister eis om sy stilswye te verbreek deur plaasmoorde tot ʼn prioriteitsmisdaad te verklaar. Die briewebundel sal saam met AfriForum deur Belinda van Noord, wie se…
Die Wilmien Potgieter Studiefonds is gestig ter ondersteuning van kinders wat slagoffers is van plaasmoorde. Die studiefonds is vernoem na Wilmien Potgieter wat in Desember 2010, toe sy net twee jaar oud was, op ’n barbaarse wyse vermoor is saam met haar ouers op ’n plaas buitekant Lindley in die Vrystaat. Haar pa, Attie Potgieter, is 151 keer met ’n panga, tuinvurk en mes gesteek terwyl sy vrou, Wilna, en die tweejarige Wilmien dit eerstehands aanskou het, waarna hulle ook wreed vermoor is.