Ian Cameron – Veiligheid Plaasmoorde Optog
https://www.youtube.com/watch?v=IxI2QC9u9i0
Post Views: 974
Die burgerregte-organisasie AfriForum en die Transvaalse Landbou-unie van Suid-Afrika (TLU SA) het vandag tydens ’n mediakonferensie in Centurion ’n kommerwekkende styging in plaasaanvalle en plaasmoorde vir 2016 bekend gemaak met die aankondiging van dié amptelike syfers. Hierdie stygende tendens is nou reeds vir die sesde agtereenvolgende jaar te bespeur. Die 2016-syfer van 64 moorde is…
Die Menseregtekommissie (MRK) wil binnekort ‘n openbare sitting hou oor veiligheid en die skending van menseregte op plase. Dit sal plaasmoorde en diensvoorwaardes vir plaaswerkers insluit. Isaac Mangena, MRK- woordvoerder, het gister gese die kommissie het nog altyd menseregteskendings op plase veroordeel. Lees meer hier Post Views: 1,343
AfriForum het verneem dat Petrus Dambiso Moyo die afgelope 24 uur uit die Ellisras-polisiestasie se aanhoudingselle ontsnap het. Moyo is een van vier verdagtes wat verdink word van die moord op dr. Werner Emslie op 20 September 2017 op die plaas Afguns. “Dr. Emslie is een van 77 mense wat sedert die begin van 2017…
AfriForum het ʼn dringende versoek aan die nasionale kommissaris van korrektiewe dienste, mnr. Zach Modise gerig vir ʼn interne ondersoek by die gevangenis in Barkley-Oos in die Oos-Kaap. Dié versoek volg nadat vier gevangenes, waaronder twee verdagtes wat vir die plaasmoord op Sarel Pretorius in Januarie 2014 in hegtenis geneem is, gister ontsnap het. Hulle…
As jy wonder wat nog voor die einde van November gebeur vir die Hoe lank nog-veldtog, moet jy hierdie Afrikwensie-insetsel luister. Ernst Roets vertel onder meer van ʼn musiekvideo wat geskiet is vir Jaco Labuschagne, wat ʼn liedjie geskryf het oor die onderwerp van plaasmoorde. Post Views: 877
Die Wilmien Potgieter Studiefonds is gestig ter ondersteuning van kinders wat slagoffers is van plaasmoorde. Die studiefonds is vernoem na Wilmien Potgieter wat in Desember 2010, toe sy net twee jaar oud was, op ’n barbaarse wyse vermoor is saam met haar ouers op ’n plaas buitekant Lindley in die Vrystaat. Haar pa, Attie Potgieter, is 151 keer met ’n panga, tuinvurk en mes gesteek terwyl sy vrou, Wilna, en die tweejarige Wilmien dit eerstehands aanskou het, waarna hulle ook wreed vermoor is.