Wêrelddag teen marteling
https://www.youtube.com/watch?v=V4h3Rmdirq4
AfriForum sê dit is duidelik – uit die misdaadstatistiek wat vandag bekendgemaak is – dat die SAPD se spesialis-eenhede ’n beduidende bydrae gelewer het in die afname en bekamping van prioriteitsmisdade die afgelope finansiële jaar. Reg Crewe, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid het gereageer op die vrystelling van die jaarlikse nasionale misdaadstatistiek deur die minister…
Die Pietermaritzburgse hooggeregshof het vir Siboniso Mtolo lewenslange gevangenisstraf opgelê vir die moord van ’n boer in Eston, KwaZulu-Natal in September 2013. Tydens vonnisoplegging het Regter Isaac Madondo gesê: “Almal, veral plaasgemeenskappe, moet beskerm word teen mense soos Mtolo”. Die Regter het gesê dat die Hof hoop dat hierdie vonnis dien as afskrikmiddel vir misdadigers…
AfriForum se adjunk uitvoerende hoof, Ernst Roets, het vandag tydens die Verenigde Nasies (VN) se Forum vir Minderheidsaangeleenthede in Genève, Switzerland, ʼn striemende aanval op die Suid-Afrikaanse regering se inset tydens die konferensie geloods. Die Suid-Afrikaanse regering het verklaar dat dié mense wat vra dat plaasmoorde geprioritiseer moet word, dit doen omdat hulle ’n rassistiese…
Hoewel daar nog drie dae voor die einde van Juniemaand oor is, was daar – vergeleke met die eerste ses maande van 2017 – reeds ’n 34%-styging in plaasaanvalle gedurende die eerste ses maande van 2018. Volgens AfriForum se rekords kon 33 plaasmoorde sedert die begin van die jaar geverifieer word. AfriForum het in besonder…
18 November 2013 AfriForum het vandag beeldmateriaal van ‘n plaasaanval by ‘n blitskonferensie in Centurion aan die media beskikbaar gestel. Hierdie materiaal sal deel vorm van die voorlegging oor plaasmoorde wat AfriForum op 26 en 27 November by die Verenigde Nasies se Forum vir Minderheidsaangeleenthede in Geneve, Switzerland gaan indien. Hoewel die beeldmateriaal nie geweld…
AfriForum het ʼn reeks met tien praktiese voorstelle van maniere hoe plaasmoorde in die praktyk bekamp kan word aan die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK) voorgelê. Dié aksieplan vorm deel van ’n verslag wat AfriForum aan die SAMRK voorgelê het by die kommissie se openbare verhoor oor plaasmoorde wat op 15 en 16 September in Johannesburg plaasvind….
Die Wilmien Potgieter Studiefonds is gestig ter ondersteuning van kinders wat slagoffers is van plaasmoorde. Die studiefonds is vernoem na Wilmien Potgieter wat in Desember 2010, toe sy net twee jaar oud was, op ’n barbaarse wyse vermoor is saam met haar ouers op ’n plaas buitekant Lindley in die Vrystaat. Haar pa, Attie Potgieter, is 151 keer met ’n panga, tuinvurk en mes gesteek terwyl sy vrou, Wilna, en die tweejarige Wilmien dit eerstehands aanskou het, waarna hulle ook wreed vermoor is.