|

AfriForum skop stof op ter bewusmaking van Plaasmoorde.

AfriForum het aan die begin van Oktober aan die Quads4Quads-wedloop deelgeneem ter bewusmaking van plaasmoorde. Só het die wedloop daar uitgesien: Dag 1: AfriForum se vier motorfietsryers het met groot verwagtinge by Cane Cutters Lodge net buite Ballito weggespring en het op dag een reeds ’n totaal van 250 km afgelê om stof op te…

|

AfriForum en Wes-Kaapse departement stel gesamentlike plan oor plaasbeveiliging bekend

Die burgerregte-organisasie AfriForum en die Wes-Kaapse departement van gemeenskapsveiligheid gaan Sondag, 29 Oktober tydens ’n mediakonferensie in Kaapstad ’n gesamentlike plan vir die beveiliging van plase bekend maak. Dit volg ná die onlangse bekendmaking van die 2016/2017-misdaadstatistiek deur Fikile Mbalula, minister van polisie, en die nuutste statistiek deur AfriForum oor plaasaanvalle en -moorde wat die…

|

109 plaasaanvalle in minder as 100 dae van 2018

AfriForum het vandag aangekondig dat daar vanjaar reeds sowat 109 plaasaanvalle en sowat 15 plaasmoorde in Suid-Afrika voorgekom het. “Ons landelike gebiede is in ’n misdaadoorlog vasgevang,” sê Ian Cameron, AfriForum se hoof van veiligheid. “Hoewel die Suid-Afrikaanse regering die afgelope week ontken het dat ’n geweldskrisis die landelike gebiede in die gesig staar, bewys…

|

MRK moet raadslid se gewraakte uitlatings teen wittes ondersoek

Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) behoort die rassistiese uitlatings te ondersoek wat ’n ANC-raadslid van die Govan Mbeki Munisipaliteit in Mpumalanga glo gemaak het. Alana Bailey, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, meen daar hoef nie eers ’n klag teen Kenny Barrel Nkosi ingedien te word, alvorens die MRK dit ondersoek nie. Luidens mediaberigte het Nkosi glo…

|

AfriForum striem Suid-Afrikaanse regering by die Verenigde Nasies

AfriForum se adjunk uitvoerende hoof, Ernst Roets, het vandag tydens die Verenigde Nasies (VN) se Forum vir Minderheidsaangeleenthede in Genève, Switzerland, ʼn striemende aanval op die Suid-Afrikaanse regering se inset tydens die konferensie geloods. Die Suid-Afrikaanse regering het verklaar dat dié mense wat vra dat plaasmoorde geprioritiseer moet word, dit doen omdat hulle ’n rassistiese…

|

Elf plaasmoorde en 30 aanvalle in twee weke

Sedert die begin van Februarie 2017 is daar reeds 30 plaasaanvalle in Suid-Afrika aangeteken waarin 11 mense wreed vermoor is. Vyf mense is in die afgelope 24 uur in twee verskillende aanvalle vermoor, onderskeidelik in Mpumalanga en Limpopo. “Hoeveel mense moet nóg in dié land vermoor word voordat daar daadwerklik opgetree word? Dit wil voorkom…

|

#SwartMaandag: AfriForum kondig aksies teen plaasmoorde aan

Terwyl die burgerregte-organisasie AfriForum en honderde lede van die publiek vandag ’n oomblik van stilte vir al die slagoffers van plaasmoorde by die Voortrekkermonument in Pretoria gehou het, is die bejaarde Bokkie Potgieter (70) wreed op ’n plaas in Vryheid in KwaZulu-Natal vermoor. Die organisasie het vandag as deel van #SwartMaandag saam met duisende landwyd…

|

AfriForum stel plaasveiligheidsassessering bekend

Die burgerregtewaghond AfriForum het vandag die eerste weergawe van dié organisasie se plaasveiligheidsassessering bekend gestel as hulpmiddel vir mense in landelike gebiede om hul eiendomme te beveilig. Dit volg ná sowat 110 plaasaanvalle en -moorde landwyd sedert die begin van 2018. “Hierdie praktiese assessering bied ’n instrument aan die landelike gemeenskap om te meet hoe…

End of content

End of content