AfriForum en duisende Suid-Afrikaners wys in swart steun teen plaasmoorde
https://www.youtube.com/watch?v=ezB85pyTbw4
19 Junie 2013 Presies een jaar nadat meer as ‘n duisend Suid-Afrikaners na die president se kantoor gestap het om vir ingryping te vra, het AfriForum ‘n verslag bekendgestel, waarin die growwe nalatiheid van polisiebeamptes by die ondersoeke van plaasmoorde uitgewys word. Die verslag is tydens ‘n konferensie bekendgestel en ‘n afskrif daarvan is aan…
AfriForum het vandag ʼn beroep gedoen op Suid-Afrikaners wat deur plaasaanvalle geraak is om betrokke te raak by die stryd om die minister van polisie, Nathi Mthethwa, te oortuig om plaasmoorde tot ʼn prioriteitsmisdaad te verklaar. Vir hierdie doel is slagoffers aangemoedig om hul stories na stopdiemoorde@afriforum.co.za te stuur, sodat hul by ʼn verskerpte veldtog…
Die voorsitter van die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK), adv. Lawrence Mushwana het in ’n skrywe aan AfriForum bevestig dat die kommissie besluit het om ’n openbare verhoor oor plaasmoorde te hou. Die besluit is geneem tydens ’n sitting van al die SAMRK-kommissarisse, na oorweging van ’n formele versoek deur AfriForum. Die tema van die verhoor sal…
Suid-Afrikaanse boere word daagliks deur plaasaanvalle bedreig. Hoewel die nuutste syfers, soos elke jaar, skokkend is, weier die regering steeds om plaasaanvalle en -moorde as prioriteitsmisdade te hanteer. AfriForum dryf in 2021 ’n verskerpte veldtog teen plaasmoorde wat bewusmaking-, veiligheid-, voorkoming- en ondersteuningsprojekte op plaaslike, nasionale en internasionale vlak insluit. AfriForum sal voortgaan om aandag…
Die moordenaars van die egpaar Ernest (77) en Annetjie (76) van Rooyen is verlede week tot dubbele lewenslange gevangenisstraf gevonnis. Oupa Mokoena (47) en Ezekiele Mguni (30) het dié egpaar in Januarie vanjaar op die plaas Somerset, naby Parys in die Vrystaat vermoor. Ernest se liggaam is op hul plaaswinkel se vloer gevind – hy…
Onverwagse steun en bemoediging het gister op Vryheidsdag vir Duncan Nyawo (37) ingestroom wat in Nelspruit met ’n staptog teen plaasmoorde begin het. Dié studente-onderwyser van die Ngodini Secondary School in Kabokweni, Mpumalanga, hoop om Donderdag by die Uniegebou in Pretoria aan te kom. Hy stap teen plaasaanvalle en moorde op boere en polisielede. Nyawo…
Die Wilmien Potgieter Studiefonds is gestig ter ondersteuning van kinders wat slagoffers is van plaasmoorde. Die studiefonds is vernoem na Wilmien Potgieter wat in Desember 2010, toe sy net twee jaar oud was, op ’n barbaarse wyse vermoor is saam met haar ouers op ’n plaas buitekant Lindley in die Vrystaat. Haar pa, Attie Potgieter, is 151 keer met ’n panga, tuinvurk en mes gesteek terwyl sy vrou, Wilna, en die tweejarige Wilmien dit eerstehands aanskou het, waarna hulle ook wreed vermoor is.